Baie welkom by ons aanlyn skool registrasie blad

Voltooi asseblief die onderstaande aansoek om U skool deel te maak van ons uiters gemaklike vorm sisteem.

Wat gebeur volgende?

Sodra u die registrasie volledig voltooi het, sal u ’n outomatiese E-pos van ons sisteem ontvang op die e-pos adres wat u vir registrasie opgegee het. Die e-pos sal ’n verwelkomings boodskap bevat saam met ons bankbesonderhede wat u dan vir ons vir die registrasie moet betaal.

Kostes is eenmalig R2200.00 vir registrasie en die ontwikkeling van u skool vorm. Oor ’n jaar van die datum wat u die skool geregistreer het, sal u weer ’n R950.00 jaarlikse hernuwings rekening ontvang.

Opsioneel

Sou u skool dalk enige ander vorm wil ontwerp vir byvoorbeeld sport of donasie geleenthede of enige ander vorm wat u soortgelyk wil opstel kan u ons net kontak. Ons sal u kwoteer en as u dit aanvaar is dit 'n eenmalige betaling net soos ons huidige vorm werk en daarna val dit onder bestaande profiel. Daar sal dan geen addisionele kostes per jaar wees nie al het u skool byvoorbeeld 5 vorms wat ons ontwerp het sal u steeds net R950.00 per jaar betaal daarna. Die R950.00 bly konstant ongeag die hoeveelheid aanlyn vorms wat ons vir u ontwerp het. Kontak ons gerus vir meer navrae.

***Ter inligting: Sou u nie wil aangaan met die diens nie kan u ons net per e-pos verwittig. Ons vereis slegs ’n 30 dae kennis periode sou u besluit om nie vêrder ons diens te gebruik nie.

Skool Aanlyn Registrasies