Welkom by ons aanlyn skole registrasie webtuiste​

Met die webtuiste maak ons dit baie maklik vir skole wat by ons geregistreer is - se ouers om aansoek tot toelating te doen in 'n japtrap.

Ons Doel

Die webtuiste is spesiaal ontwerp vir skole, hetsy Hoër- of  Laerskole, wie se voornemende leerders se ouers/voogde, selfs die skool, weens werksomstandighede of een of ander inperking verhoed  of beperk word om gemaklik die nodige dokumentasie vir nuwe inskrywings by skole in te handig of aan voornemende ouers van leerders die dokument/te te voorsien.

Ons nooi alle skole uit om deel te word van die aanlyn sisteem om sodoende dit maklik te maak vir ouers om inligting by u uit te kry en visa versa…

Wat het u as skool nodig om die sisteem te gebruik?

  • Slegs ‘n geldige E-posadres waarheen die inligting van die ouers ge-epos kan word vanaf ons sisteem.
  • Ons kan ook vir u ‘n van ‘n E-posadres voorsien wat u kan gebruik soos byvoorbeeld – skoolnaam@skoolaanlynreg.co.za sonder enige addisionele kostes.

Ons Vorm werk op alle toestelle

Ons aanlynvorm kan op enige moderne selfoon of rekenaar werk, wat vir almal toeganglikheid te gee om aanlyn te registreer.

Hoe Werk dit?

Stap 1

Klik op ons registreer knoppie heel bo of (HIER) en voorsien ons van al u skool se besonderhede wat ons mag nodig hê om U skool se profiel te skep.

Stap 3

Na ons u bewys van betaling ontvang het, sal ons binne 4 werksdae vir u 'n proef vorm gereed hê wat slegs u kan sien op daai stadium. Toets dan die vorm en ons kan dan klein aanpassings doen indien nodig.

Opsioneel

Sou u skool dalk enige ander vorm wil ontwerp vir byvoorbeeld sport of donasie geleenthede of enige ander vorm wat u soortgelyk wil opstel kan u ons net kontak. Ons sal u kwoteer en as u dit aanvaar, is dit 'n eenmalige betaling net soos ons huidige vorm werk en daarna val dit onder u bestaande profiel. Daar kom geen addisionele jaarlikse kostes by vir elke vorm wat ons vir u ontwerp nie, die R950.00 bly konstant ongeag die hoeveelheid aanlynvorms wat ons vir u ontwerp het vir u die skoolbenodighede. Kontak ons gerus vir meer navrae.

Stap 2

Sodra u die registrasie volledig voltooi het, sal u ’n outomatiese E-pos van ons sisteem ontvang. Dit sal na die e-posadres wat u vir registrasie opgegee het gestuur word. Die e-pos sal ’n verwelkomings boodskap bevat saam met al ons besonderhede. Ons kantoor sal u dan telefonies kontak op die nommers wat u verskaf het en die nodige reëlings tref vir die aanlyn diens. Kostes is eenmalig R2200.00 vir registrasie en die ontwikkeling van u skool se aanlyn vorm, wat ook drukker vriendelik is. Oor ’n jaar van die datum wat u die skool geregistreer het, sal u weer ’n R950.00 jaarlikse hernuwings rekening ontvang. Ons sal dit alles met u bespreek en verduidelik met ons eerste oproep.

Stap 4

Sodra u tevrede is met alles gee ons vir u die finale skakel wat u vir u webmeester kan stuur om ’n skakel op u skool se webtuiste in te bring. Die skakel kan ook gebruik word op u skool se "FaceBook" blad, "D6 School Communicator", "WhatsApp" Groepe, "Twitter" en op alle papierwerk wat voornemende en bestaande ouers ontvang. Die skakel kan ook ge-SMS word - baie skole gebruik nog SMS stelsels om te kommunikeer.

*** Ter inligting: Sou u nie wil aangaan met die diens nie kan u ons net per e-pos verwittig. Ons vereis slegs ’n 30 dae kennis periode sou u besluit om nie vêrder van ons diens te gebruik nie.

Hoe Werk dit?

Stap 1

Klik op ons registreer knoppie heel bo of (HIER) en voorsien ons van al u skool se besonderhede wat ons nodig het om U skool se profiel te skep.

Stap 2

Sodra u die registrasie volledig voltooi het, sal u ’n outomatiese E-pos van ons sisteem ontvang. Dit sal na die e-pos adres wat u vir registrasie opgegee het gestuur word. Die e-pos sal ’n verwelkomings boodskap bevat saam met al ons besonderhede. Ons kantoor sal u dan telefonies kontak op die nommers wat u verskaf het en die nodige reëlings tref vir die aanlyn diens. Kostes is eenmalig R2200.00 vir registrasie en die ontwikkeling van u skool se aanlyn vorm, wat ook drukker vriendelik is. Oor ’n jaar van die datum wat u die skool geregistreer het, sal u weer ’n R950.00 jaarlikse hernuwings rekening ontvang. Ons sal dit alles met u bespreek en verduidelik met ons eerste oproep.

Stap 3

Na ons u bewys van betaling ontvang het, sal ons binne 4 werksdae vir u 'n proef vorm reg hê wat slegs u kan sien op daai stadium. Toets dan die vorm en ons kan dan klein aanpassings doen indien nodig.

Stap 4

Sodra u tevrede is met alles gee ons vir u die finale skakel wat u vir u webmeester kan stuur om ’n skakel op die skool webtuiste in te bring. Die skakel kan ook gebruik word op u skool se "FaceBook" blad, "D6 School Communicator", "WhatsApp" Groepe, "Twitter" en op alle papierwerk wat voornemende en bestaande ouers ontvang. Die skakel kan ook ge-SMS word - baie skole gebruik nog SMS stelsels om te kommunikeer.

Opsioneel

Sou u skool dalk enige ander vorm wil ontwerp vir byvoorbeeld sport of donasie geleenthede of enige ander vorm wat u soortgelyk wil opstel kan u ons net kontak. Ons sal u dan kwoteer en as u dit aanvaar is dit 'n eenmalige betaling net soos ons huidige vorm werk en daarna val dit onder bestaande profiel. Daar sal dan geen addisionele kostes per jaar wees nie al het u skool byvoorbeeld 5 vorms wat ons ontwerp het sal u steeds net R950.00 per jaar betaal daarna. Die R950.00 bly konstant ongeag die hoeveelheid aanlyn vorms wat ons vir u ontwerp het. Kontak ons gerus vir meer navrae.

*** Ter inligting: Sou u nie wil aangaan met die diens nie kan u ons net per e-pos verwittig. Ons vereis slegs ’n 30 dae kennis periode sou u besluit om nie vêrder ons diens te gebruik nie.

Ons ander projekte

Previous
Next

Stel u skool dalk belang?

Toets ons sisteem self met ons gratis demonstrasie vorm en sien hoe maklik dit is.

Skool Aanlyn Registrasies